Hierdie vleisbredie is ideaal vir koue wintersaande
4–6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
45 ml (3 e) koekmeel
sout en peper
1 ,3 kg beesvleis, in 2,5 cm-blokkies gesny
3 wortels, in ringetjies gesny
3 groot geskilde aartappels, in 1,5 cmblokkies gesny
10 ml (2 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
1 lourierblaar
2,5 ml (½ t) tiemie
2 ,5 ml (½ t) roosmaryn of 1 roosmaryntakkie
1 l (4 k) beesaftreksel of 2 blokkies beesaftreksel
250 ml (1 k) rooiwyn
420 g (1 blik) gekapte tamaties
2 k (500 ml) witrys
Maak ook hierdie aartappel-en-spek-koppies
Metode
- Verhit olie in groot pot en soteer ui en knoffel oor stadige hitte tot uie sag en deurskynend is. Skep uit en hou eenkant.
- Voeg nog bietjie olie in pot en draai hitte effe warmer. Rol vleis in koekmeel en sprinkel met sout en peper. Braai vleis in sarsies tot bruin.
- Voeg res van bestanddele, insluitende uie, terug in pot. Prut stadig vir ’n uur en ’n half of tot vleis sag is.
- Kook rys in vyf koppies water met 5 ml sout daarin. Kook op lae hitte tot rys sag en al die vloeistof weg is.