Hier is ’n maklike resep vir ’n weeksdag – smullekker vleis in die oond
Bestanddele
4 porsies
1 groot oondbaksakkie
125 ml (½ k) koekmeel
10 ml (2 t) droë gemengde kruie
5 ml (1 t) knoffelsout
knypie fyn swartpeper
600 g beesvleisblokkies
410 g (1 blik) gekapte tamaties
30 ml (2 e) blatjang
60 ml (4 e) tamatiesous
GROENTE
1 ui, in blokkies gesny
10 klein aartappels, gehalveer
3 wortels, geskil en in skywe gesny
klont botter
LEES OOK: Vinnige spek-en-vis-pakkies
Metode
Stel oond op 160 °C.
- Skep koekmeel, kruie, knoffelsout en swartpeper in baksakkie. Hou toe en skud tot goed gemeng.
- Skep vleisstukkies in sakkie en skud sodat al die vleisstukkies met koekmeelmengsel bedek is.
- Meng tamaties, blatjang en tamatiesous. Giet by vleis in baksakkie. Draai baksakkie met draadjie toe wat saam met baksakkie voorsien is.
- Plaas in oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm.
- Steek twee gaatjies in bokant van baksakkie. Bak vir 2 uur.
- Groente Plaas groente en botter saam in oondbaksakkie en bind toe met draadjie wat saam met baksakkie kom. Moenie baksakkie stukkend steek nie.
- Plaas groente laaste uur in aparte oondbak by vleis in oond.
- Sit warm saam met rys of koeskoes voor.