Bak hierdie lekker vlakoekies sommer vandag nog!
ongeveer 40 koekies
Bestanddele
250 g (½ blok) botter
125 ml (½ k) strooisuiker
125 ml (½ k) geelsuiker
1 eier
5 ml (1 t) vanielje
2½ k koekmeel
187 ml (¾ k) vlapoeier
2,5 ml (½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
knypie sout
VERSIERSEL
60 ml (4 e) botter
75 ml (5 e) versiersuiker, gesif
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Room botter en suiker tot liggeel en romerig.
- Klits eier en vanielje en roer by bottermengsel.
- Sif meel, vla, bakpoeier, koeksoda en sout en roer by bottermengsel tot deeg vorm.
- Rol in balletjies. Sprinkel koekmeel in hande as deeg aan in hande vassit.
- Plaas koekies redelik ver uitmekaar op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
- Bak vir 15 min. of tot goudbruin.
- Laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
- Versiersel: Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjiesgewys by en klits tot goed gemeng.
- Smeer versiersuiker tussen twee koekies.