Ongeveer 24 koekies
Bestanddele
200 g botter
125 ml (½ k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje
5 ml (1 t) kitskoffiepoeier
45 ml (3 e) warm melk
375 ml (1½ k) koekmeel
125 ml (½ k) vlapoeier
knypie sout
VERSIERSEL
375 ml (1½ k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) botter
45 ml (3 e) kookwater
15 ml (1 e) kitskoffiepoeier
Metode
Stel die oond op 180 °C.
1. Room botter en versiersuiker tot romerig. Voeg vanielje by en roer.
2. Meng koffiepoeier en melk en voeg by bottermengsel.
3. Sif meel, vlapoeier en sout. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
4. Rol balletjies en plaas op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
5. Druk bokant effens plat.
6. Bak vir 17 min. of tot goudbruin.
7. Laat op afkoelrakkie afkoel.
8. Versiersel: Smelt versiersuiker en botter in dubbelkoker.
9. Meng kookwater en koffie en roer by bottermengsel in dubbelkoker.
10. Roer versiersel met houtlepel oor borrelende water tot glad. Voeg nog bietjie kookwater by as versiersel te dik raak.
11. Skep klein bietjie versiersel bo-op elke koekie en laat eenkant om te stol.