4 porsies
Bestanddele
VISBLOKKIES
450 g (1 pak) stokvissteaks
125 ml (½ k) koekmeel
2,5 ml (½ t) knoffelsout
1 ekstragroot eier, geklits
genoeg olie vir diepvetbraai
GROENTE
bietjie olie
1 ui, gekap
3 wortels, grof gerasper
½ kool, fyngekerf
1 rooi soetrissie, in repies gesny
½ bos spinasie, fyngekerf
hand vol vars koljanderblare
SOUS
60 ml (4 e) soet rissiesous
10 ml (2 t) suurlemoensap
knypie fyn gemmer
15 ml (1 e) oestersous
30 ml (2 e) heuning
Metode
1 Visblokkies Laat vis net halfpad ontdooi. Sny in happiegrootte blokkies.
2 Meng koekmeel en knoffelsout in vlak bakkie.
3 Rol visblokkies eers in eier, dan in meelmengsel.
4 Verhit genoeg olie en braai visblokkies tot gaar.
5 Skep uit en hou eenkant warm.
6 Groente Verhit olie. Soteer ui tot amper sag.
7 Voeg wortels en kool by en soteer nog 3 minute.
8 Voeg soetrissie by en soteer nog 2 minute. Voeg spinasie en koljander by en soteer nog bietjie.
9 Sous Meng bestanddele vir sous en gooi oor groente. Roer deur en sit warm saam met visblokkies voor. Vk