Rémoulade is ’n koue sous wat gemaak word deur mosterd, agurkies, kappertjiesade en gekapte kruie by mayonnaise te voeg. Witwortels is knolgroente wat soos wit wortels lyk, maar geuriger smaak.
BESTANDDELE
500 g gaar vis (jy kan enige soort vis vir hierdie resep gebruik), gevlok
500 g kapokaartappels
3 sprietuie, fyngekap
25 ml koljanderblare, fyngekap
25 ml pietersielieblare, fyngekap
2 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
meel om mee te besprinkel
olie vir panbraai
1 suurlemoen, in wiggies gesny
VISKOEKIES
Viskoekies kan met afvalstukkies vis gemaak word, of van gaar vis wat oorbly ná ’n ander maaltyd. Vlok die gaar vis met ’n vurk. Meng die kapokaartappels met die gevlokte vis en gekapte sprietui, koljander en pietersielie. Voeg een eier by elke vol koppie van die vismengsel, en geur met sout en peper.
Vorm viskoekies uit die mengsel, bestrooi met meel en vlakbraai aan albei kante in ’n klein bietjie olie totdat elke viskoekie goudbruin is.
RÉMOULADE
Sny die witwortels in dun julienne-repies of gebruik die growwe kant van ’n rasper. Meng al die bestanddele vir die sous en geur dit dan met sout en peper. Voeg die sous by die gerasperde witwortels en meng goed.
Bedien met vars aartappelskyfies.