Hierdie viskoekies is maklik, vinnig en heerlik! Maak gerus dié resep
4–6 porsies
Bestanddele
8 00 g (2 blikke) sardyne in tamatiesous
1 ui, gekap
15 ml (1 e) gemengde kruie
160 ml (2/3 k) broodkrummels
2 eiers
1 25 ml (½ k) broodkrummels, om in te rol
Metode
- Druk vis fyner met vurk. Roer ui, kruie, krummels en eiers by.
- Verdeel mengsel in 12 ewe groot stukke.
- Rol balletjies en druk effe platter. Laat staan in yskas vir 30 minute. Rol viskoekies in broodkrummels.
- Verhit olie in pan en braai tot goudbruin. Hou warm in oond en bedien met slaai.
Maak ook hierdie vis in bierdeeg
