Het jy al ooit probeer om visfrikkadelle te maak? Met ’n avokadosous is dit vreeslik lekker!
2 porsies
FRIKKADELLE
3 stokvisfilette, ontvel en ontvries
½ ui, gerasper
30 ml (2 e) gedroogde broodkrummels
5 ml (1 t) Marokkaanse speserymengsel
30 ml (2 e) gekapte koljander
1 eier
AVOKADOSOUS
2 avokado’s
45 ml (3 e) dubbeldik jogurt
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
15 ml (1 e) suurlemoensap
skil van ½ suurlemoen
2,5 ml (½ t) fyn komyn
bietjie water
- Stel oond op 180 ˚C.
- Frikkadelle Plaas alle bestanddele vir frikkadelle in voedselverwerker en verpulp tot net fyn.
- Verdeel mengsel in ses gelyke dele en skep ses bolle op gesmeerde bakplaat uit.
- Bak frikkadelle vir 20 minute of tot helder sappe uitkom.
- Sous Verpulp alles saam tot glad. Gooi ’n bietjie water by om sous dunner te maak en geur met sout en peper.
- Bedien met pangebraaide murgpampoentjie- spaghetti of slaai.