4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2 rooi brandrissies, ontpit en fyn gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
4 aartappels, geskil en in blokke gesny
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
125 ml (½ k) witwyn
410 g (1 blik) gekapte tamaties
knypie rooipeper
1 ml sout
125 g (½ pakkie) spek, in blokkies gesny
450 g (1 pak) vissteaks
Koeskoes
250 ml (1 k) koeskoes
250 ml (1 k) warm hoenderaftreksel
15 ml (1e) olie
Metode
- Verhit olie en soteer uie, knoffel, brandrissie en kruie tot ui sag is. Skep uit.
- Verhit nog olie indien nodig en braai aartappels tot goudbruin.
- Skep uimengsel terug by gebraaide aartappels.
- Giet hoenderaftreksel, witwyn, tamaties, rooipeper en sout by aartappels. Sit deksel op en laat vir 20 minute oor lae hitte prut. Roer af en toe.
- Plaas spekblokkies en vissteaks op aartappelmengsel. Plaas deksel op en laat prut oor lae hitte vir nog 20 minute. Voeg nog bietjie hoenderaftreksel of water by indien dit droogkook.
- Koeskoes Plaas koeskoes in glasbak.
- Meng warm hoenderaftreksel en olie. Giet oor koeskoes.
- Plaas bord bo-op en laat staan vir 10 minute sodat koeskoes kan uitswel.
- Roer koeskoes met vurk deur totdat dit los van mekaar is.
- Skep visbredie bo-op koeskoes en sit warm voor.