Maak ‘n visbredie en proe die see in jou kombuis
2 porsies
BESTANDDELE
bietjie olie
½ ui, gekap
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
1 selderystokkie
125 ml (½ pakkie) spek, in stukkies gesny
knypie paprika
knypie neutmuskaat
knypie fyn koljander
knypie visspeserye
2 middelslag-aartappels, geskil
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) room
500 ml (2 k) seekosmengsel OF 2 stokvisfilette,
125 ml klein garnale en 375 ml mossels in doppe
METODE
1 Verhit bietjie olie en braai ui, knoffel en seldery tot sag.
2 Gooi spek by uiemengsel en braai tot gaar.
3 Gooi speserye en aartappels by uiemengsel. Roer deur.
4 Gooi aftreksel, melk en room by en kook tot aartappel sag is.
5 Gooi seekos by en kook tot gaar.
6 Sit met vars brood voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.