Hierdie variasie van gewone bobotie is heerlik! Maak dit vir aandete vir jou mense
4–6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
2,5 cm vars gemmer, fyngekap
10 ml kerriepoeier
2 snye witbrood
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
5 00 g gerookte snoek, in kleiner stukke gevlok
6 0 g (1 blik) gerookte mossels, gedreineer
15 ml (1 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
sout en peper
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
2 eiers
60 ml (¼ k) water
Metode
Stel oond op 180 °C
- Verhit olie en soteer ui, knoffel en gemmer oor stadige hitte.
- Voeg nog bietjie olie by en draai hitte effe warmer. Voeg kerriepoeier by uiemengsel en braai verder vir een minuut. Week brood in aftreksel.
- Braai snoek, mossels, tamatiepasta, konfyt, broodmengsel, sout en peper in kastrol tot meeste vloeistof weg is.
- Plaas in diep oondbak. Klits jogurt, eiers en water saam en giet oor vismengsel.
- Bak 15–20 minute of tot eier gestol is.