Maak heerlike varksosaties vir die braai of die pan
• 4 porsies
BESTANDDELE
8 sosatiestokkies
600 g varkfilet
sout en peper na smaak
440 g (1 blik) pynappelringe
30 ml (2 e) olie
15 ml (1 e) heuning
10 ml (2 t) worcestersous
30 ml (2 e) sojasous
ekstra olie vir braai
KOOLSLAAI
½ kool, fyngekerf
2 wortels, geskil en grofgerasper
oorblywende pynappelstukkies
60 ml (4 e) pynappelsap
60 ml (4 e) mayonnaise
METODE
1 Laat lê sosatiestokkies vir 30 minute in water voordat dit gebruik word. Dit help dat sosatiestokkies nie brand nie. Knip sosatiestokkies korter tot 13 cm.
2 Sny varkfilet in blokkies van ongeveer 2,5 cm x 2,5 cm.
3 Sprinkel sout en peper oor varkvleisblokkies.
4 Dreineer pynappelringe, maar behou sap. Sny pynappelringe in kleiner stukkies.
5 Ryg varkvleisblokkies en pynappelstukkies op sosatiestokkies.
6 Meng olie, heuning, worcestersous en sojasous en smeer oor sosaties.
7 Verhit bietjie olie in braaipan en braai sosaties tot goudbruin rondom.
8 Koolslaai Meng kool, wortels en pynappelstukkies in mengbak.
9 Meng pynappelsap en mayonnaise tot goed gemeng en roer by koolmengsel.
10 Sit koolslaai saam met varksosaties voor.