‘n Frikkadel op sy tyd is heerlik. Wissel die gewone frikkadelle af met hierdie varkvleisfrikkadelle.
4 porsies
bietjie olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
600 g (1 pak) varkworsies
1 ml knoffelsout
swartpeper na smaak
8 snye, vars witbroodkrummels
1 eier
olie om in te braai
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is. Verwyder van hitte.
2 Druk vleis van varkworsies uit. Voeg varkvleis, knoffelsout, swartpeper, broodkrummels en eier by uimengsel en meng goed.
3 Vorm in frikkadelle.
4 Verhit olie en braai frikkadelle vir drie tot vier minute.
5 Plaas in oondbak en bak verder in oond vir nog agt minute of tot gaar.
6 Sit frikkadelle saam met aartappelwiggies en groen slaai voor.