’n Heerlike gereg vir vleislose Maandag
BESTANDDELE
• 4 porsies
500 g (1 pak) penne-pasta
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2 selderystingels, fyngekap
2,5 ml (½ t) gedroogde pietersielie
45 ml (3 e) koekmeel
380 g (1 blik) ingedampte melk
60 ml (4 e) basiliekruidpesto (Ina Paarman)
½ bos spinasie, ontstingel en fyngekerf
12 klein tamaties, gehalveer
340 g (2 x 170 g) blikkies tuna, gedreineer
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
METODE
• Stel oond op 180 °C.
1 Kook pasta tot al dente in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout en 10 ml (2 t) olie gevoeg is.
2 Dreineer en roer ekstra olie deur sodat pasta nie klewerig is nie.
3 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is.
4 Voeg seldery en pietersielie by en soteer vir twee minute.
5 Roer koekmeel by tot bestanddele goed bedek is. Roer aanhoudend terwyl jy ingedampte melk byvoeg.
6 Roer basieliekruidpesto by tot gemeng.
7 Plaas spinasieblare bo-op. Sit kastrol se deksel bo-op en laat stoom vir vier minute tot spinasie verwelk.
8 Roer tamaties, tuna en helfte van mozzarella liggies by.
9 Skep in gesmeerde oondbak van ongeveer 24 cm x 24 cm. Sprinkel oorblywende mozzarella bo-oor.
10 Bak vir 25 minute. Sit warm voor.