Maak tuisgemaakte hamburgerpatties wat vorentoe smaak
• 6 porsies
MAALVLEISPATTIES
bietjie olie
2 uie, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 ml (1 k) vars witbroodkrummels
15 ml (1 e) vars pietersielie, fyn gekap
1 ml braaivleisspeserye
10 ml (2 t) sout
1 ml swartpeper
800 g beesmaalvleis
1 eier
BURGERBROODJIES
6 broodrolletjies
bietjie olie
1 ui, in skywe gesny
1 pak gekoopte blaarslaai
2 tamaties, in skywe gesny
1 blok mozzarellakaas, in skywe gesny
60 ml (4 e) mayonnaise
410 g (1 blik) pynappelringe, gedreineer
METODE
1 Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag. Verwyder van hitte.
2 Meng oorblywende bestanddele by uiemengsel.
3 Vorm in ses patties en braai ongeveer vier minute aan albei kante tot gaar.
4 Sny broodrolletjies in helfte deur en smeer met botter.
5 Verhit nog bietjie olie en soteer uieringe tot sag. Verwyder van hitte.
6 Plaas blaarslaai, tamatie- en kaasskywe op onderste helfte van rolletjie. Skep 10ml (2 t) mayonnaise bo-op. Plaas patties bo-op, gevolg deur gebraaide uie en pynappelringe.
7 Plaas boonste gedeelte van broodrolletjies bo-op.