’n Stokvis-variasie is altyd heerlik. Maak hierdie stokvis in groenkerriesous sommer vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
500 g (1 pak) stokvissteaks
sout en peper na smaak
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) koekmeel
400 g (1 blik) klappermelk
5 ml (1 t) Thaise groenkerriepasta
10 ml (2 t) vissous
5 ml (1 t) suiker
handvol vars koljander, gekap
LEES OOK: Vinnige jogurtvis
Metode
- Verhit olie. Sprinkel vis met sout en peper. Braai vis aan albei kante tot goudbruin. Hou eenkant.
- Voeg nog olie by indien verkies. Soteer ui en knoffel tot ui sag is. Roer koekmeel by tot gemeng.
- Voeg klappermelk, kerriepasta, vissous en suiker by. Kook tot goed warm.
- Voeg koljander en gebakte vis by klappermelksous. Kook tot vis deurwarm is.
- Sit op rys of kapokaartappels voor.