Die gewilde akteur Gys de Villiers sê hy hou van kos maak. “My maag is koning en ek luister na hom,” sê hy. Hy glo ook sy kos smaak altyd lekkerder as gekoopte kos. Hy kook graag met komyn, koljander, knoffel en gemmer. “Hierdie bestanddele maak enige maaltyd eksoties. Ek is ook aan rissies verslaaf.”
Beesfilet
6 porsies
1 kg beesfilet
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap (opsioneel)
Maldonsout na smaak
swartpeper
Stel oond op 250 °C.
1 Stop filet met knoffel (opsioneel).
2 Plaas filet op foelie in oondbak, maar moenie filet met foelie bedek nie.
3 Bak filet vir 25 minute. Haal uit oond en geur na smaak met sout en swartpeper.
4 Vou filet in nog twee lae foelie toe, maar nie te styf nie.
5 Draai toegedraaide foeliepakkie in sewe lae koerantpapier toe.
6 Sit filet in louoond of in afgeskakelde oond vir 1½ uur vir ekstra hitte. Dit gee jou genoeg tyd om res van maaltyd voor te berei.
Hierdie metode verseker dat jou vleis bottersag is.