Virgil Kahn van Indochine-restaurant op Delaire Graff landgoed se resep vir Rogan Josh-kerrie
• Bedien 8 mense
BESTANDDELE
4 teelepels gemmer
4 teelepels vars knoffel
1 liter aftreksel
200 ml druiwepit-olie
1,5 kg lamskouer
6 kardomonsaadjies
4 lourierblare
4 heel naeltjies
10 swart peperkorrels
2 kaneelstokke
2 medium uie
2 teelepels koljander
2 teelepels komynsaadjies, heel gerooster en dan fyngemaal
2 teelepels paprika
1 teelepels cayenne-peper
1 teelepels sout
2 teelepels garam masala
½ koppie jogurt
METODE
1 Marineer die vleis met knoffel, gemmer, komyn, cayenne-peper, garam masala, koljander en paprika en laat oornag in die yskas rus.
2 Verhit die olie in die pan en voeg uie, loerierblare, kaneel, kardomon en naeltjies by en kook tot dit karamaliseer. Voeg die vleis by en verbruin vir 5 minute, maar moenie die speserye laat brand nie. Voeg die aftreksel by en laat op lae hitte vir 50 minute prut.
3 Geur met sout en peper wanneer die vleis sag is. Voeg die jogurt en vars koljander net voor opdiening by. Bedien met ingelegde tamatie en uie en brandrissie-salsa en rotis of basmatirys.