Maklike ete vir ‘n weeksaand
4 porsies
bietjie olyfolie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë basiliekruid
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
sout en peper na smaak
16 kalamata-olywe, gekap
handvol vars basilieblare, grofgekap
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) wit balsemieke asyn
500 g (1 pak) pennepasta
1 Verhit bietjie olie en soteer uie, knoffel en basiliekruid daarin tot uie sag is. Skep uit.
2 Verhit nog olie indien nodig. Soteer hoenderblokkies tot goudbruin.
3 Voeg brandrissie by en soteer vir nog twee minute. Sprinkel sout en peper oor.
4 Voeg olywe by en roer deur. Skep uiemengsel terug by olyfmengsel.
5 Roer basiliekruid, olie en asyn by.
6 Kook pasta tot al dente in borrelende water waarby sout en bietjie olie gevoeg is. Dreineer en roer ekstra olie deur.
7 Meng olyfmengsel en pasta en skep in opdienbord.