Braai en buitelug is sinoniem met mekaar
• 6 porsies
BESTANDDELE
1,2 kg tot 1,5 kg heel hoender
bietjie olie
hoenderspeserye na smaak
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
125 g (½ pakkie) sampioene, in skyfies gesny
sout en peper na smaak
100 g (½ pakkie) Bacon Kips
60 ml (4 e) vars pietesielie, gekap
60 ml (4 e) vars basiliekruid, gekap
20 ml (4 t) suurlemoensap
METODE
1 Was hoender buite en binne.
2 Vryf hoender met olie en sprinkel goed met hoenderspeserye. Hou eenkant.
3 Vulsel Verhit olie en soteer ui, knoffel en kruie tot ui sag is.
4 Voeg sampioene by en soteer tot sag. Geur na smaak met sout en peper.
5 Druk soutkoekies bietjie fyner. Meng met pietersielie en basiliekruid tot gemeng. Voeg suurlemoensap by en meng deur.
6 Vul holte van hoender met vulsel. Druk stewig vas.
7 Braai hoender in weber vir een uur en 40 minute. Hou deksel van weber heeltyd toe.