Lizelle de Klerk is ’n talentvolle aktrise wat nou al ’n paar suksesvolle flieks op haar kerfstok het. Sy deel haar resep vir paella met ons.
Lizelle vertel daar moet altyd fetakaas,rosatamaties en kekerertjies in haar yskas wees en sy’s gek na brood. Moet haar net nie kleurlose kos en kos deurdrenk met olie aanbied nie!
LEES OOK: Gerrie Pretorius se Paella
“Haar moets en moenies vir lekker onthaal?
Die moets is ’n groot tafel waarom almal kan sit, kerse, goeie musiek, ’n goeie bottel wyn en natuurlik smaaklike kos. Moenies? “Moenie bang wees vir nuwe geure en smake nie, moenie die krag van eenvoud onderskat nie en geen ete is volmaaks onder ruimte vir spontaneïteit nie.”
Min mense kan so ‘n ordentlike pan paella soos my pa maak. Dis ideaal vir laatmiddag Saterdagbraai
Paella
8 porsies
60 ml (4 e) olyfolie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
8 hoenderboudjies
250 ml (1 k) rou witrys
1 ℓ hoenderaftreksel
25 ml (5 t) droë witwyn of soet sjerrie na smaak
1 groot chorizowors, in skyfies gesny
2 rooi brandrissies, ontpit en opgekap
1 kg bevrore seekosmengsel
ekstra mossels en garnale
3 groot tamaties, in wiggies gesny
250 ml (1 k) bevrore ertjies
sout en swartpeper na smaak
LEES OOK: Wynkelders spook dit uit om die warm vure vir wen-paella
- Verhit olie in paellapan op gasbraai tot warm en braai ui en knoffel tot ui begin karameliseer.
- Voeg soetrissie en sampioene by. Braai tot sampioene sag is. Skep uit en hou eenkant.
- Verhit nog olyfolie indien nodig en braai hoenderboudjies tot net bruin.
- Voeg rou rys by hoenderboudjies. Roer sodat rys goed met olyfolie bedek word. Braai totdat rys glaserig is. Voeg nog olyfolie by indien nodig.
- Voeg hoenderaftreksel en wyn by rysmengsel. Laat kook oor matige hitte tot rys gaar is.
- Voeg sampioen-en-soetrissie-mengsel, chorizo, brandrissies en seekosmengsel by en kook tot seekosmengsel gaar is.
- Voeg tamaties en bevrore ertjies by. Kook nog vyf minute tot ertjies gaar is.
- Geur met sout en swartpeper na smaak.
- Sit warm voor.