Weet jy nie wat om vir aandete te maak nie? Probeer gerus hierdie heerlike hamquiche met ‘n unieke aartappelkors
8 porsies
AARTAPPELKORS
600 g aartappels
45 ml (3 e) botter, gesmelt
5 ml (1 t) sout
knypie swartpeper
bietjie olyfolie
VULSEL
4 eiers
250 ml (1 k) volroommelk
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) sout
knypie swartpeper
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
500 g ham, in blokkies gesny
3 75 ml (1 ½ k) cheddarkaas,
gerasper
Stel oond op 200 °C.
- Skil en rasper aartappels grof, plaas in vergiettes en spoel onder lopende water af.
- Druk oortollige water uit gerasperde aartappels.
- Smelt botter in mengbak. Roer sout, peper en gerasperde aartappels by.
- Druk aartappels met eetlepel in oondbak (22 cm in deursnee en met botter gesmeer) teen kante en bodem vas.
- Plaas olyfolie in spuitbottel en spuit bietjie op aartappelkors. Bak vir 40 minute tot goudbruin.
- Klits eiers, melk en room. Roer sout en peper by. Hou eenkant.
- Sprinkel ui, knoffel, ham en kaas oor gebakte kors.
- Giet melkmengsel oor.
- Bak weer vir 25 minute of tot amper in middel gestol.