Het jy al ooit vispasta gemaak of geëet? Dis heerlik! Gebruik hierdie resep en maak dit vanaand
4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) fettuccine
GEROOMDE VIS
500 ml (2 k) room
125 ml (½ k) water
½ blokkie visaftreksel
500 g (1 pak) vissteaks
15 ml (1 e) koekmeel
30 ml (2 e) volroommelk
knypie knoffelsout
30 ml (2 e) vars pietersielie, fyngekap
vars dille (opsioneel)
LEES OOK: Vinnige jogurtvis
Metode
- Verhit water waarby bietjie sout en olie gevoeg is tot kookpunt en kook pasta tot al dente. Dreineer en roer bietjie ekstra olie deur pasta sodat dit nie aan mekaar kleef nie. Hou eenkant warm tot benodig.
- Plaas room, water, aftreksel en vis in kastrol en verhit oor matige hitte. Prut vis vir 15 minute vandat roommengsel begin kook het.
- Meng koekmeel, melk en knoffelsout tot gladde pasta en roer by roommengsel. Voeg pietersielie by en prut vir nog vyf minute.
- Skep vis op pasta en sit saam met vars dille (opsioneel) voor.