Haal die hout uit vir die vakansiedag en vier Nasionale Braaidag met hierdie liplekker vleisresepte
• 8 porsies
FRIKKADELLE
600 g beesmaalvleis
1 ui, gerasper
5 ml (1 t) droë pietersielie
30 ml (2 e) blatjang
5 ml (1 t) asyn
5 ml (1 t) worcestersous
2,5 ml (½ t) sout
1 ml swartpeper
250 ml (1 k) vars broodkrummels, fyngemaak
1 ekstra groot eier, geklits
SOUS
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) blatjang
VIR OPDIENING
8 ronde broodrolletjies
botter
2 uie, in skywe gesny
1 groot tamatie, in dun skyfies gesny
genoeg blaarslaai
METODE
1 Frikkadelle Meng maalvleis, ui, pietersielie, blatjang, asyn, worcestersous, sout en peper.
2 Meng broodkrummels en eier goed met hande deur.
3 Verdeel maalvleismengsel in agt gelyke dele en vorm hamburgerfrikkadelle.
4 Plaas op rooster en braai tot gaar aan albei kante.
5 Sous Meng bestanddele vir sous.
6 Vir opdiening Sny broodrolletjies oop en smeer met botter.
7 Plaas uie, tamatie en blaarslaai bo-op.
8 Plaas frikkadelle bo-op en skep genoeg sous oor.