Nooi vriende oor om te kom braai. Dis altyd gesellig en die kosmaak gebeur sommer tussen die gekuier deur
• 8 porsies
BESTANDDELE
2 kg ontbeende beesrol
7,5 ml (1½ t) droë gemengde kruie
7,5 ml (1½ t) droë pietersielie
7,5 ml (1½ t) braaivleisspeserye
5 ml (1 t) sout
1 ml paprika
knypie peri-peri
15 ml (1 e) gekoopte olyftapenade
tou
SOUS
250 ml (1 k) mayonnaise
15 ml (1 e) vars knoffel, gekap
4 grasuie, fyngekap
15 ml (1 e) kookwater
1 Meng kruie, pietersielie, speserye, sout, paprika en peri-peri in groot bord.
2 Rol beesvleis oop. Smeer olyftapenade in binnekant.
3 Rol beesvleis op en knoop elke 3 cm met tou vas.
4 Rol opgerolde beesvleis in kruiemengsel in grootbord tot goed bedek aan buitekant.
5 Braai beesvleisrol vir ongeveer 25 minute oor matige kole of tot gaar.
6 Sous Meng bestanddele vir sous saam.
7 Sny beesvleisrol in skywe en sit saam met sous voor.