Haal die hout uit vir die vakansiedag en vier Nasionale Braaidag met hierdie liplekker vleisresepte
• 8 porsies
BESTANDDELE
klompie sosatiestokkies
2 kg dun boerewors
1 groot pynappel
TAMATIESOUS
bietjie olie
2 uie, gekap
10 ml (2 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
1 selderystingel, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
5 ml (1 t) droë mosterdpoeier
10 ml (2 t) mielieblom
knypie rooipeper
30 ml (2 e) worcestersous
45 ml (3 e) witasyn
2,5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) suiker
820 g (2 x 410 g blikke) gekapte tamaties
METODE
1 Laat lê sosatiestokkies in water vir ongeveer 1 uur.
2 Sny pynappel in 1,5 cm-skywe en elke skyf in ses driehoeke.
3 Sny boerewors in 15 cm-stukke. Rol boereworsstukke op en ryg op sosatiestokke met pynappelwiggies tussen in.
4 Braai sosaties tot gaar aan albei kante.
5 Tamatiesous Maak tamatiesous voor jy begin braai. Verhit olie en soteer ui, knoffel en kruie tot ui sag is.
6 Voeg seldery en soetrissie by en soteer tot seldery sag is.
7 Meng mosterdpoeier, mielieblom, rooipeper, worcestersous en witasyn tot goed gemeng.
8 Voeg saam met oorblywende bestanddele in kastrol waarin uiemengsel is en roer deur.
9 Laat prut oor lae hitte vir 30 minute tot dik.
11 Sit tamtiesous saam met sosaties voor of laat lê klaar gebraaide sosaties in tamatiesous tot dit voor gesit word.