Hierdie beesribrol is ideaal vir ‘n Sondagmiddag!
6 porsies
2,5 kg ontbeende beesribrol
sout en peper na smaak
bietjie olie
1 ui, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies
gesny
6 stukke spinasie, ontstingel
SOUS
250 ml (1 k) tamatiesous
125 ml (½ k) mayonnaise
60 ml (4 e) worcestersous
60 ml (4 e) blatjang
15 ml (1 e) sojasous
60 ml (4 e) Dijonmosterd
5 ml (1 t) sout
knypie swartpeper
GROENTE
2 4 klein aartappeltjies, gehalveer en
gewas
2 uie, geskil en in kwarte gesny
½ kop broccoli, in blommetjies gebreek
2 handevol klein tamaties
Stel oond op 180 °C.
- Rol platribrol oop. Geur met sout en peper.
- Verhit olie en soteer ui en sampioene tot sag. Skep uimengsel oor hele vleisrol.
- Plaas spinasie op sampioenmengsel en rol vleis op. Bind vleisrol elke 3 cm met toutjies vas.
- Plaas vleisrol in kasserolbak.
- Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor vleisrol. Plaas deksel op en bak vir twee uur.
- Haal deksel af. Pak aartappels rondom vleisrol. Plaas deksel weer op en bak nog ½ uur.
- Plaas uie, broccoli en tamaties rondom vleisstuk. Haal deksel af en bak nog ½ uur tot gaar.
- Rooster vleisrol onder oond se element totdat dit mooi bruin is. Sit warm voor.