Vinnig en maklik
BESTANDDELE
• 6 porsies
10 groot aartappels, geskil
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) gedroogde tiemie
2,5 ml (½ t) gedroogde pietersielie
1 kg beesvleisblokkies
750 ml (3 k) beesvleisaftreksel
250 ml (1 k) rooiwyn
410 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) bruinsuiker
½ bos spinasie, ontstingel en fyngekerf
125 ml (½ k) cheddarkaas vir bo-oor
WITSOUS
100 g (1/5 blok) botter
187 ml (¾ k) koekmeel
1 liter (4 k) warm volroommelk
1 ml sout
knypie rooipeper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
METODE
• Stel oond op 180 °C.
1 Kook aartappels vir ongeveer 15 minute in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is. Aartappels hoef nie heeltemal gaar te wees nie.
2 Dreineer en hou eenkant.
3 Verhit olie en soteer uie, knoffel, tiemie en pietersielie tot uie sag is.
4 Voeg beesvleisblokkies, beesvleisaftreksel, rooiwyn, tamaties en bruinsuiker by.
5 Plaas kastrol se deksel op en laat prut oor lae hitte tot vleis sag is, ongeveer drie uur. Sous moet effens verdik.
6 Pak spinasie bo-op en laat prut vir nog 15 minute tot spinasie sag is.
7 Roer deur tot gemeng.
8 WITSOUS Smelt botter en roer koekmeel by tot gladde mengsel vorm. Voeg melk bietjies op ‘n slag by terwyl jy roer sodat dit nie klonte vorm nie. Laat kook tot borrels vorm en witsous verdik. Verwyder van hitte.
9 Roer sout, rooipeper en kaas by.
10 Smeer of spuit oondbak van ongeveer 34 cm x 24 cm.
11 Sny aartappels in dun skywe en plaas op bodem van oondbak. Skep ? van witsous bo-op.
12 Skep helfte van vleismengsel bo-op, gevolg deur aartappelskywe en ? van witsous.
13 Skep oorblywende vleismengsel bo-op, gevolg deur lagie aartappels en laaste witsous.
14 Sprinkel nog kaas bo-oor en bak vir een uur.
15 Sit warm voor.