
Maak hierdie lekker vis met ’n vinnige wynsous vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
4 00 g (1 pak) stokvisfilette, ontvel en ontdooi
60 ml (¼ k) meel
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) gekapte pikantrissie
10 ml (2 t) visspeserye
250 ml (1 k) witwyn
2 00 g (1 pakkie) kersietamaties, gehalveer
handvol dille
Metode
1 Rol vis in meel en braai in botter tot goudbruin.
2 Voeg pikantrissie, visspeserye en witwyn by vis. Laat kook tot helfte van wyn verdamp.
3 Roer tamaties en dille deur en laat kook tot net sag.
4 Bedien met pastarys en garneer met vars kruie.
