Hierdie resep vir vis in bierdeeg is vis-kriklik maklik!
4 porsies
Bestanddele
8 stokvisfilette, in helfte gesny
125 ml (½ k) koekmeel
sout en peper
DEEG
375 ml (1½ k) bruismeel
5 ml (1 t) gedroogde pietersielie
2,5 ml (½ t) visspeserye
2,5 ml (½ t) knoffelsout
375 ml (1½ k) ligte bier
olie vir diepvetbraai
Metode
- Verwyder vel van stokvis en laat heeltemal ontdooi.
- Rol vis in koekmeel en sprinkel met sout en peper.
- Deeg Meng meel, geurmiddels en bier saam.
- Bring olie tot 180 °C. Doop vis in deeg en dompel dadelik in warm olie.
- Draai vis gereeld om en bak tot goudbruin en gaar.
- Bedien met aartappelskyfies en vars suurlemoensap.