Hier is ’n lekker en maklike resep vir aandete dié week: vinnige vark-en-patat-bredie
4 porsies
Bestanddele
olie
1 (800 g) varkfilet, in blokkies gesny
30 ml botter
1 ui, in ringetjies gesny
30 ml koekmeel
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
2 wortels, in ringetjies gesny
250 ml (1 k) bevrore ertjies
4 00 g patats, geskil en in blokke gesny
30 ml (2 e) gemengde kruie
5 ml (1 t) tiemie
sout en peper
Metode
- Verhit olie in kastrol en braai filet tot bruin. Haal uit en hou eenkant.
- Verhit botter en soteer ui tot sag.
- Voeg koekmeel by en maak ’n pasta, voeg melk stadig by om klonte te voorkom. Roer aftreksel by.
- Voeg varkvleis, wortels, ertjies, patats en geurmiddels by en prut tot groente sag is.
- Bedien saam met rys.