Probeer gerus van hierdie resepte as jy nie ure agter die kospotte wil staan nie.
Vinnige tunafrikkadelletjies
4 porsies
Bestanddele
olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
5 ml (1 t) suurlemoensap
340 g (2 x 170 g-blikkies) tuna, gedreineer
2 snye witbrood, sonder korsies
125 ml (½ k) volroommelk
1 ml knoffelsout
knypie rooipeper
OM IN TE ROL
2 eiers
125 ml (½ k) koekmeel
olie vir diepvetbraai
Metode
1 Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is.
2 Verwyder van hitte en roer suurlemoensap en tuna by.
3 Week brood in melk. Roer broodmengsel by tunamengsel in braaipan en meng.
4 Voeg knoffelsout en rooipeper by.
5 Om in te rol Klits eiers in vlak bakkie.
6 Gooi koekmeel in vlak bakkie.
7 Skep teelepels tunamengsel en rol in geklitste eier en dan in koekmeel.
8 Verhit olie tot goed warm en braai tot goudbruin.
9 Plaas op kombuispapier om van oortollige olie ontslae te raak.
10 Sit saam met skyfies en groen slaai voor.