4 porsies
750 ml (3 k) water
5 ml (1 t) sout
3 groot aartappels, geskil en in blokke gesny
15 ml (1 e) botter
30 ml (2 e) warm volroommelk
knypie sout
knypie rooipeper
4 grasuie, gekap
VISPAKKIES
500 g (1 pak) stokvissteaks
knoffelsout na smaak
droë gemengde kruie
swartpeper
vars roosmaryntakkies
250 g (1 pakkie) spek
peuselstokkies
klont botter
Stel oond op 180 °C.
1 Kapokaartappels Verhit water en sout saam in kastrol tot kookpunt.
2 Gooi aartappels in borrelende water. Plaas deksel skuins op kastrol. Laat kook tot aartappels sag is, ongeveer 20 minute of tot jy dit met mes kan deursteek. Dreineer water.
3 Voeg botter, melk, sout en rooipeper by. Druk aartappels fyn en roer grasuie by.
4 Vispakkies Sprinkel vissteaks met knoffelsout, kruie en swartpeper.
5 Plaas vars roosmaryntakkie op elke vissteak en draai reep spek om elk. Steek met peuselstokkie vas.
6 Plaas elke vissteak in stukkie foelie. Plaas klontjie botter bo-op en bak vir 40 minute of tot gaar.
7 Haal vis uit foelie en sit saam met geurige kapokaartappels voor. Skep sous wat in foeliepakkies agtergebly het, op vis.