Hierdie kaasskons is een van my gunstelinge. Bak dit sommer gou vir ’n peuselhappie
Kaasskons
16 skons
BESTANDDELE
400 ml (317 g) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
1,25 ml (¼ t) koeksoda
10 ml (2 t) sout
120 ml (115 g) koue botter
125 ml (½ k) goudakaas, gerasper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
2 eiers
125 ml (½ k) karringmelk
1 eier
10 ml (2 t) water
vars dille
METODE
Verhit oond tot 200 °C en voer bakplaat met waspapier uit.
1 Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
2 Sny botter in blokkies en vryf by meelmengsel in.
3 Voeg kaas by en meng goed.
4 Klits eiers en karringmelk.
5 Gooi karringmelkmengsel by meel en sny in.
6 Keer beslag op meelbestrooide oppervlak uit en vorm vierkant van 20 x 20 cm. Sny in 16 ewe groot blokke. Pak blokke op bakplaat.
7 Klits eier en water, verf oor blokke en sprinkel vars dille bo-oor.
8 Bak vir 14 minute tot goudbruin en gaar.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.