Maak hierdie vinnige rysgereg vir aandete!
4–6 porsies
Bestanddele
olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
600 g beesvleis, in repies gesny
5 ml (1 t) Italiaanse kruie
4 20 g (1 blik) Mediterreense tamatiesmoor
250 ml (1 k) bevrore ertjies
500 ml (2 k) bruinrys
1 ℓ (4 k) beesaftreksel
Maak ook ‘n hoendergereg met bruinrys
Metode
Stel oond op 180 °C
- Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
- Voeg repies vleis by en geur met kruie.
- Gooi tamaties, ertjies, rys en aftreksel by vleismengsel.
- Giet in oondbak, maak met foelie toe en bak vir 50-60 minute of tot rys gaar is. Gooi nog water of aftreksel by as rys nie gaar is nie en sit terug in oond.
Wenk
Jy kan enige bevrore groente gebruik