Dié resep maak 4 porsies of jy kan een groot pizza maak.
Bestanddele
1 kg boerewors
600 g gekoopte brooddeeg
bietjie koekmeel
750 ml (3 k) mozzarellakaas, gerasper
Tuisgemaakte tamatiesous
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë basiliekruid
2,5 ml (½ t) knoffelsout
swartpeper na smaak
410 g (1 blik) gekapte tamaties
5 ml (1 t) suiker
15 ml (1 e) blatjang
Metode
Stel oond op 220 °C.
1 Plaas boerewors in braaipan en voeg bietjie water by. Braai albei kante tot gaar.
2 Laat wors afkoel tot hanteerbaar en sny in skywe.
3 Rol brooddeeg ongeveer 3 mm op meelbestrooide oppervlak uit.
4 Gebruik kleinbordjie en sny agt sirkels uit brooddeeg.
5 Spuit twee bakplate met kossproei en plaas brooddeegsirkels daarop.
6 Tuisgemaakte tamatiesous Verhit olie en soteer ui en basiliekruid tot ui sag is. Voeg oorblywende bestanddele by en laat prut oor lae hitte vir 15 minute of tot tamatiesous afgekook en verdik het.
7 Smeer tamatiesous bo-oor brooddeegsirkels.
8 Sprinkel bietjie kaas bo-op elke pizza.
9 Plaas worsstukkies bo-op en sprinkel weer bietjie mozzarellakaas bo-oor.
10 Bak pizza’s vir 10 tot 12 minute. Sit dadelik voor.
Wenk: Jy kan ook een groot pizza maak.