Dis daardie tyd van die jaar wat die tyd min en jou doenlysie lank is. Berei hierdie pizza-resep in ‘n japtrap (so 10 tot 15 minute) voor
• Hierdie vinnige pizza-resep maak 4 porsies
BESTANDDELE
• 1 pak sagte tortillas (Weigh-Less)
• ongeveer 60 ml (4 e) soetrissiesous
• droë gemengde kruie
• 750 ml (3 k) mozzarellakaas, gerasper
• 1 bakkie klein tamaties, gehalveer
METODE
• Stel oond op 180 C.
1 Sit tortillas op bakplate en smeer met soetrissiesous.
2 Sprinkel klein bietjie kruie en genoeg mozzarellakaas bo-op.
3 Sit tamaties bo-op en bak vir 7 minute of tot kaas begin liggoudbruin raak.
4 Sit dadelik voor.
WENK Gebruik 2 pizzas per persoon en gebruik ook enige ander bestanddele waarvan jy hou of laat elkeen sy eie pizza maak