Maak lekker geregte met mango’s wat dié tyd van die jaar volop is. Loer in ons 31 Januarie-uitgawe vir nog wenners.
Deur Marlo Kitshoff-Carstens
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
500 g (1 pakkie) Russiese worsies, in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
SOUS
15 ml (1 e) sojasous
60 ml (4 e) tamatiesous
20 ml (4 t) mielieblom
45 ml (3 e) heuning
30 ml (2 e) worcestersous
30 ml (2 e) blatjang
2 ml witasyn
2,5 ml (½ t) Dijon-mosterd
125 ml (½ k) mangosap
2 groot mango’s, geskil en in blokkies gesny
Metode
Stel oond op 180°C.
1 Verhit bietjie olie en braai worsies tot gaar. Voeg soetrissie en pietersielie by en soteer nog bietjie.
2 Sous Meng sojasous, tamatiesous en mielieblom tot pasta. Roer heuning, worcestersous, blatjang, witasyn, mosterd en mangosap by. Roer tot goed gemeng. Giet oor worsies en laat vir 15 minute prut tot begin verdik.
3 Voeg mangoblokkies by. Roer deur en laat prut nog 5 minute tot warm.
4 Sit warm saam met rys voor.