‘n Vinnige en maklike resep vir jogurtvis
4 porsies
500 g (1 pak) stokvisfilette of vissteaks
30 ml (2 e) suurlemoensap
sout en peper na smaak
500 ml (2 k) Griekse jogurt
BOLAAG
125 ml (½ k) pekanneute, fyngekap
125 ml (½ k) klapperskaafsels
Stel oond op 180 °C.
1 Spuit oondbak van ongeveer 18 cm x 18 cm met kossproei.
2 Plaas bevrore visfilette of -steaks daarin. Sprinkel suurlemoensap, sout en peper bo-oor.
3 Skep Griekse jogurt bo-oor.
4 Bolaag Sprinkel pekanneute en klapperskaafsels bo-oor. Bedek met foelie en bak vir 20 minute.
5 Verwyder foelie en bak nog 10 tot 15 minute.
6 Sit dadelik voor.
Wenk
Vervang klapperskaafsels met fyn klapper as jy dit nie te koop kry nie