Hierdie vinnige hoenderpastei gaan jou beslis tyd spaar!
4 porsies
Bestandele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
250 g sampioene, gekap
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
300 ml (1¼ k) room
5 hoenderborsies, gaar en gevlok
takkie tiemie
knypie rooipeper
sout en peper
2 00 g (1 rol) klaargemaakte
skilferkorsdeeg
bietjie melk
Maak ook hierdie maalvleispastei
Metode
Stel oond op 200 °C
- Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag.
- Voeg sampioene by en braai verder.
- Smelt botter en roer meel deur.
- Voeg room bietjie vir bietjie by sodat daar geen klonte is nie.
- Roer hoender en res van geurmiddels deur. Bring tot kookpunt.
- Giet in oondbak en rol skilferkors booor. Verf met melk.
- Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Wenk
Jy kan een groot bak of vier individuele bakkies maak.