Só posjeer jy ’n eier!
Bestanddele
4–8 eiers
2 ℓ (8 k) water
30 ml (2 e) witasyn
5 ml (1 t) sout
Metode
- Breek eier in klein siffie.
- Laat water amper kook. Gooi asyn en sout in water. Water moenie groot kookborrels maak nie.
- Roer water saggies en dompel eier versigtig in water. Laat eier vir paar sekondes lê tot heeltemal wit. As eier aan bodem van pot vassit, maak dit saggies los.
- Haal eier versigtig met gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier. Bedien dadelik.
Loer hier na die video:
