Leer saam met die Clover Little Big Cook Off-reeks van video-tutoriale en jy kan wen!
Die beoordeelaar en professionele sjef van die Clover Little Big Cook Off-program, Martin Kobald, wys jou hoe om ’n ui te sny en fyn te kap in hierdie handige video-tutoriaal.
[iframe width=”560″ height=”315″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”//www.youtube.com/embed/iVmzgLicnBQ”]
Hou jy van hierdie video? Kry die volle Clover Little Big Cook Off-reeks van video-tutoriale, vrygestel deur ons sistertydskrife, Food & Home en Your Family waar die programbeoordeelaars, Martin en Coco, wys hoe om basiese goed in die kombuis – van die klits van ’n eier tot die opkap van ’n soetrissie en die smelt van sjokolade – te bemeester.
Hier sal jy ook talle pretresepte van die program opspoor om saam met jou kinders te probeer.
Kyk en WEN!
Kyk twee van die Clover Little Big Cook Off-videotutoriale, beantwoord twee eenvoudige vrae en jy staan die kans om ’n boekgeskenkpak van vyf boeke ter waarde van R1 450 te wen! Klik hier om in te skryf.