Vetkoek met kitsgis is eg Suid-Afrikaans (en baie maklik!)
4 tot 6 porsies
Bestanddele
500 g (4 k) koekmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
5 ml (1 t) sout7
50 ml louwarm water
olie vir die bakslag
Metode
- Meng koekmeel, kitsgis en sout in mengbak.
- Roer water by en meng tot deeg. Knie vir sowat agt minute tot hanteerbare deeg. Voeg koekmeel by indien deeg aan hande vasklou.
- Laat vir 1½ uur tot dit dubbel so groot rys.
- Knie suurdeeg af en vorm klein balletjies. Plaas balletjies op bakplaat wat met olie gesmeer is. Bedek balletjies met kleefplastiek wat met olie gesmeer is en laat rys vir 40 minute.
- Verhit olie tot warm en braai vetkoeke tot goudbruin.
- Plaas op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
- Sny vetkoeke oop en vul soos verkies.