Maak lekker vetkoek met kerriehoender vir aandete
4 porsies
Bestanddele
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 g hoendermaalvleis
10 ml (2 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
5 ml (1 t) suurlemoensap
250 ml (1 k) bevrore groente
bietjie water
1 pak gekoopte brooddeeg
olie vir diepvetbraai
Metode
- Verhit olie en braai uie en knoffel tot sag.
- Gooi maalvleis by en braai tot bruin.
- Gooi kerriepoeier en borrie by en laat vir minuut braai.
- Gooi appelkooskonfyt, suurlemoensap, groente en water by. Laat deurkook tot groente warm is.
- Verdeel brooddeeg in 12 gelyke dele. Vorm deeg in bolletjies en druk effe platter.
- Braai in warm olie tot gaar en goudbruin. Hou warm in louoond.
- Bedien hoenderkerrie met vetkoek, gekapte tamaties en gesnyde piesang.