Afgekookte wildsvleis herinner aan garing en is saam met die vinnige vetkoek net die regte ding vir die winterjagseisoen
Deur MARELI VISSER
8 porsies
Bestanddele
750 ml (3 k) olie
750 ml (3 k) koekmeel
30 ml (2 e) suiker
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
3 groot eiers
375 ml (1½ k) kookwater
afgekookte wildsvleis vir vulsel
blatjang
Metode
- Verhit olie in pan tot matige hitte.
- Sif koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam.
- Klits eiers en kookwater saam.
- Meng meel- en eiermengsel met draadklitser tot gladde deeg vorm.
- Skep opskeplepels vol in warm olie.
- Braai aan albei kante tot goudbruin en gaar.
- Bedien met wildsvleis en blatjang.