Nie net is Brutal Fruit Apple Ginger die nuutste geur in die reeks nie, dit is ook die eerste keer wat twee geure vermeng is. Dit word van regte appelsap gemaak wat met gemmer gegeur word.
Met 4,5% alkohol is dit verfrissend en nie te soet nie. Brutal Fruit Apple Ginger is landwyd in 275 ml-botteltjies beskikbaar. Bedien dit yskoud om die somerson te wen.
Vir meer inligting oor Brutal Fruit, besoek www.mybf.co.za of besoek hul Facebook-bladsy by www.facebook.com/brutalfruitsa
Maak ‘n skemerkelkie
Brutal Fruit en Mixology SA het ‘n heerlike skemerkelkie met Brutal Fruit Apple Ginger geskep. Dit word met rooibostee, heuning, suurlemoen, kruisement en vodka gemeng.
Brutal Fruit appel-gemmer-somerpons
Bedien 4
Bestanddele
3 rooibosteesakkies
350 ml water
45 ml (3 e) heuning
3 suurlemoenskywe
2 botteltjies Brutal Fruit Apple Ginger
5 kruisementblare
100 ml vodka
Metode
- Kook die water en gooi dit oor die rooibosteesakkies in ‘n mengbeker. Voeg die heuning by. Laat die teesakkies en heuning vir 2 minute lê voordat jy die teesakkies verwyder.
- Maak ‘n 1 liter-mengbak kwartvol ys. Voeg die kruisementblare, vodka en die suurlemoenskywe by asook die afgekoelde tee.
- Voeg die twee bottels Brutal Fruit Apple-Ginger by en roer.
- Garneer met ekstra kruisementblare en suurlemoenskyfies.