4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
3 wortels, in blokkies gesny
6 murgpampoentjies, in repies gesny
6 grasuie, gekap
45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
146 g (2 x 73 g) 2 Minute Noodles, hoendergeur
Metode
1. Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag.
2. Voeg soetrissies, wortels en murgpampoentjies by uiemengsel. Soteer 5 min.
3. Voeg grasuie en pietersielie by en soteer nog 2 min. Verwyder van hitte.
4. Geur met sout en peper na smaak.
5. Kook noedels volgens aanwysings op pakkie. Roer by groente¬mengsel.
6. Sit warm vir ligte vegetariese middagete of as bygereg voor.