’n Veerkoek is een van my gunstelinge. In Amerika noem hulle dit Angel Food Cake en dis voorwaar gepas
1 koek
Bestanddele
180 ml (95 g) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
275 ml (260 g) strooisuiker
8 eierwitte (teen kamertemperatuur)
60 ml (¼ k) warm water
5 ml (1 t) vanieljegeursel
5 ml (1 t) kremetart
Metode
Voorverhit oond tot 175 °C.
- Sif meel, sout en helfte van strooisuiker saam.
- Klits eierwitte, water, vanieljegeursel en kremetart vir twee minute en gooi geleidelik res van strooisuiker by. Klits tot voor stywepuntstadium.
- Sif helfte van meelmengsel by eierwitte en vou versigtig in. Gooi res van meel by en doen dieselfde.
- Skep beslag in veerkoekpan (ongesmeer) en maak gelyk bo-op.
- Bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.
- Dop pan op sy voetjies en laat koek onderstebo staan om heeltemal af te koel.
- Sny koek los van pan en bedien met aarbeikonfyt en room.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.