4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
125 g (½ pakkie) spek, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
45 ml (3 e) blatjang
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) gevriesde varkworsies
250 ml (1 k) cheddarkaas, fyngerasper
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
BOLAAG
30 ml (2 e) melk
1 eier
Metode
Stel oond op 200 °C.
1 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg spek by en soteer tot gaar.
2 Voeg sampioene en soetrissie by en soteer tot sag. Roer blatjang daarby en skep in oondbak van 30 cm x 20 cm.
3 Sprinkel kruie op en pak gevriesde varkworsies bo-op.
4 Sprinkel cheddarkaas oor.
5 Smeer bietjie water op rand van bak en druk deeg goed vas.
6 Versier bokant met deegvormpies soos verkies.
7 Bolaag Klits melk en eier saam en verf oor skilferkorsdeeg.
8 Bak vir 25 minute tot ligbruin.