Maak varktjops met mosterdsous – dié resep is vinnig en maklik
• 4 porsies
Vleis
bietjie olie
4 varktjops
sout en peper na smaak
Sous
45 ml (3 e) olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
60 ml (4 e) blatjang
60 ml (4 e) worcestersous
60 ml (4 e) heuning
10 ml (2 t) droë mosterdpoeier
125 ml (½ k) water
Groente
1 l water
5 ml (1 t) sout
2 wortels, geskil, in ringetjies gesny
2 groot aartappels, geskil, in blokke gesny
klont botter
1 ui, gekap
knypie gemaalde komyn
30 ml (2 e) suiker
Metode
1 Vleis Verhit olie in braaipan.
2 Vryf sout en peper in varktjops. Braai varktjops aan albei kante tot goudbruin.
3 Verwyder varktjops uit braaipan.
4 Sous Verhit nog olie en soteer ui en knoffel tot sag.
5 Voeg oorblywende bestanddele by en verhit tot warm. Skep varktjops terug in braaipan.
6 Plaas deksel op braaipan en kook oor lae hitte vir 10 minute tot varktjops deurwarm en gaar is.
7 Groente Verhit water en sout tot kookpunt in kastrol.
8 Kook wortels en aartappels daarin tot sag, ongeveer 20 minute. Dreineer.
9 Druk wortel en aartappelmengsel met aartappeldrukker fyn.
10 Smelt botter en soteer ui daarin tot sag.
11 Voeg komyn en suiker daarby en soteer nog 2 minute. Verwyder van hitte.
12 Voeg by wortel en aartappelmengsel. Meng goed deur.
13 Geur met sout en peper indien verkies.
14 Sit warm varktjops bo-op warm groente saam met groenboontjies voor.